Entalpie

Entalpie is 'n mate van die totale energie in 'n termodinamiese stelsel. Dit sluit die interne energie (die energie wat vereis word om die stelsel te skep asook die energie in wat vereis word om ruimte vir die stelsel te skep deur die verplasing van die omgewing om sodoende die volume en druk van die stelsel daar te stel.

Entalpie is 'n toestandsfunksie en 'n ekstensiewe hoeveelheid. Die SI-eenheid van entalpie is joule. Ander eenhede word steeds in sekere wêrelddele gebruik soos onder andere die kalorie.

Die totale absolute entalpie, H van 'n stelsel kan nie direk gemeet word nie en is ook nie gedefinieer nie. Die verandering van entalpie, ΔH, vir 'n bepaalde proses kan egter bepaal word en is daarom 'n meer nuttige waarde. Gewoonlik word aangegee van watter proses hierdie verandering Δ die gevolg is deur in 'n subskript die proses aan te gee. Byvoorbeeld vir smeltprose (fusie) word dit ΔfusH, en vir vorming uit die element (formasie) ΔfH ensomeer.

In stelsels waar chemiese reaksies by 'n konstante druk plaasvind het die verandering in entalpie, ΔH 'n positiewe waarde vir endotermiese reaksies.

Die gebruik van die entalpie begrip vereenvoudig die beskrywing van energie-oordrag aangesien dit nie beïnvloed word deur die energie wat na die omgewing oorgedra word deur die uitsetting van die stelsel nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search